Die Heerser van die kring

circle-of-friends

Sommige dae sien ek hulle. Vroegoggend, as ek op pad is werk toe. In ’n kringetjie saamgesnoer. Seker onderweg om huise of kantore skoon te maak. Dalk papierwerk wat wag. Met koppe geboë en hande in mekaar gesluit, staan hulle op die randjie van die stad, waar die veld begin. Daar waar die busse hulle soggens uitspoeg.

In die verbyry, wonder ek vir wie hulle bid. En vir wat? Dalk vir die swaarkry wat ons nie sien nie? Nes die hartseer wat ons ervaar, maar nié met mekaar wil of kan deel nie. Die vrouekring laat my nederig voel, asof dit heilige grond is waarby ek verbygaan. En in die wegry, sien ek in my geestesoog ’n spierwit wolk. In die vorm van ’n kring. Dit styg op oor Langenhovenpark. Dit kring wyer en wyer soos dit opgaan, totdat die hele stad oorskadu is. Nes die wolk wat bedags in die woestyn oor die Israeliete gehang het. Om hulle teen die fel aanslag van die son te beskerm.

Hulle is ma’s, susters, tannies, oumas en vriendinne wat ywerig gebede opstuur na Abba. Wanneer ek hulle sien, wel ’n warmte in my op. Ek ervaar in my diepste wese, hierdie is die enigste manier om ’n stukkende bloeiende land te red. Deur hande te vat, saam te staan en ’n eenheid te word voor die eintlike Regeerder van die Reënboognasie.

Liewe gebedstryder, sukkelende vriendin, bekommerde ma, geliefde ouma, sal jy saam met my, nes die vroue in die sirkel, bid vir beskerming oor ons geliefdes; oor ons stad en oor ons pragtige land? Sodat die Heerser van die Kring Sy seën oor ons almal sal uitgiet.

“Hemelse Vader, ons dank U vir ons diverse land. Dankie, dat ons vir hierdie tyd en vir hierdie plek bestem is. Gebruik ons tot U diens en wanneer ons krone wil dra, help ons om nederig te bly. Beskerm ons kinders, gesinne, families, ons dorps- en landgenote in hierdie uur. Dankie, dat U ore nooit te besig is om te hoor nie. Dankie, dat ons die dag se bekommernisse by U voete kan kom neerlê en agterlaat. Mag ons lewens ’n getuienis van U liefde vir ander mense wees. Leer ons om meer soos Jesus te wees. Amen.”

Engelroeper-groete

Advertisements

Lewer kommentaar

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s